About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Tuesday, January 22, 2013

my oupa


1930 - 2013


My Oupa

Met hande, hard en sterk
van jare se arbeid
en sorg vir sy familie
Reg vir terg, maar liefdevol
en vol omgee
Teen die einde...krom
en soekend na hulp
Maar besig waar hy nou is - 
om te skaaf en te bak en te brou.

Sy lyf, groot en veilig
en só bekend.
Die lyf wat my gedra het as kind,
wat my leer boomklim het 
en my beskerm het van die kwaad.
Wat daar was van ek kan onthou...
Gebreek deur die jare, 
maar trots tot op die laaste.

Sy mond - altyd reg vir lag
- vol wyse woorde en staaltjies 
van Jakkals en Wolf
en van Master Jack.
Wat kon fluit en sing en smul.
Wat my geleer het van God, 
en die smal weg
en van aanhouer wen.

Sy oë - so vol siel en leef
- wat inkyk in jou hart.
Vol vonkel saam sy vrou
en trots vir sy kinders
en vol vreugde as sy
kleinkinders om hom is.
Die laaste kuier - 
vol trane van groet
en nou vir altyd toe...

Ek mis Oupa 
Karlietjie 

2 comments: