About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Monday, October 4, 2010

Nog `n gedig...

Ek dra jou hart saam met my
(verwerk van I carry your heart with me - E.E.Cummings)

ek dra jou hart saam met my (ek dra dit binne in my hart)
ek is nooit sonder jou nie (want waar jy gaan, sal ek gaan my lief – wat jy doen, sal ek saam met jou doen) ek vrees nie wat met my gebeur nie – (want jou teenwoordigheid bepaal wat met my gebeur)
ek begeer nie die wereld nie (want jy is my wereld my alles)
jy is die een wat my laat verstaan wat die maanlig beteken… en wat my daagliks die son se lied laat hoor

hier is die diepste geheim wat niemand besef nie die wortel wat die wereld aanmekaar verbind –
die bloeisel wat vir `n oomblik sin gee aan die lewe die lug wat raak aan die boom van die lewe
wat hoër groei as wat die siel kan sien of die hart kan hoop
dit is die onmoontlike, die wonder - wat sterre uitmekaar uit hou
ek dra jou hart my lief…
ek dra jou hart in my hart