About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Thursday, November 15, 2012

Tussen êrens en Clarens


ek het my hart weer verloor
en is deur die Vrystaat se vlaktes bekoor
tussen êrens en Clarens
op die maat van Matthys
- langs jou my lief

ek het vergeet hoe dit voel
om God te hoor as Hy praat
en hoe dit voel
om oor te gee en te vergeet

maar ek het my hart gevind
in die stilte van die wind
net duskant Fouriesburg
voor die kaggelvuur
- langs jou my lief

 opgedra aan Jaco