About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Friday, May 25, 2012

Taal van my Hart

Net gou `n stukkie leesstof om te wys ek is nog 100% en o-so-suiwer Afrikaans...

Ek skryf in Engels, want meeste van my goeie en getroue volgelinge is Engels, maar ek wil dit duidelik maak en indien moontlik uitbasuin, dat ek `n Afrikaanse boeremeisie in murg en been is en dat die taal van my hart steeds suiwer Afrikaans bly.

Engels is maklik en gerieflik om te gebruik in hierdie veelsydige land van ons en ek dink Engels is `n baie mooi taal op sy manier. Maar daar is geen taal soos My Taal, geen taal wat woorde so beskrywend soos "kraakvars" en "opkikker" en so mooi soos "appelliefies" en "heimwee" het nie, geen taal wat my bekoor, oor en oor soos Afrikaans nie.  

Net vir ingeval jy my nie glo oor die wonder en die magie van My Taal nie, hier is `n paar gedigte en lirieke vir jou om deur te lees, toegewikkel onder `n warm kombers, met `n stomende koppie boeretroos in jou hand, weggevoer in `n oomblik van skoonheid, daardie oomblik waar alles sin maak, want jy het iets ontdek in die woorde van prosa en poësie wat jou verwonderd agterlaat...

Skink nog `n uur in jou glas my maat, huppel saam met die hoepelkinders en hoor die fluistering in die windstilte...


Nokturne 
Koos du Plessis

"En die nagwind sê volkome: 
elkeen droom sy volste drome — 
en bly alleen. 
En die vrese wieg soos bome
in die nagwind en die reën." 

Nagliedjie
NP van Wyk Louw

Vannag in hierdie helder stilte
dink ek net aan jou,
treur ek soos die wilger, oor die
waat're van my rou.

Jy is soos 'n ster vir my,
ver en stil en rein;
en my siel die donker water
waar jou beeld in skyn

Dagdroom
Elisabeth Eybers
Ek het jou brief gelees terwyl ek eet,
die woordesoet het oor my tong gesprei.
Verby die aardse brood het ek gestaar
dwarsdeur die bome in die raam,
dwarsdeur die grys wolkeplafon
tot in die paradys waar alles lig en helder is.
En net soos in die Bybel was ons naak
en het ek, aangekla, gou hom die skuld gegee
wat skemerig sis. . . toe ek opeens gewaar
dat ek my halfgerookte sigaret
aftik in my twee-derde koppie tee.

Hoe ek voel
Johannes Kerkorrel

As ek jou net kon vertel
as ek jou net kon laat sien
sou ek `n skilder opdrag gee
om `n prent vir jou te maak
en as hy eindelik klaarmaak
as hy sy meesterstuk voltooi
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel
oor jou

As ek jou net kon laat sien
as ek jou net kon laat lees
sou ek `n faksmasjien gaan huur
en gedigte vir jou stuur
en as jy anderkant dit kry
as jy dit uithaal en jy kyk
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel
oor jou

As ek jou net kon laat lees
as ek jou net kon laat hoor
sou ek `n koor na jou toe stuur
`n serenade in die laatnaguur
en as jy wakker word een aand
en jou vensters staan wyd oop
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel
oor jou



Die Taal van my Hart is Suiwer Afrikaans...



Friday, May 18, 2012

Happy Weekend

Hope you get to spend it with someone you love ...



or can laugh with ...



or can dance with...



or can watch a movie with...



or can drink your sorrows away with...



or can play scrabble naked with...



Whatever rocks your boat :)

Have an awesome weekend...





Tuesday, May 8, 2012

I survived :)

I've been through quite a rough week or two.  Stress at work, friend problems and a whole lot of extra things just wanting to push me over the edge.

 But I survived :)

Here are a few things that kept me sane...


  • The fact that I married my best friend 6 months ago


  • A weekend away in the beautiful Dullstroom (filled with art, beautiful scenery and mampoer)


  • My "I'm thinking about you" present 



  • Amelie's beautiful soundtrack that seems to calm me down whenever I feel like I'm loosing my mind (which is a lot lately)




  • The fact that I can drink coffee whenever I want




  • The following quote