About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Wednesday, December 21, 2011

Die mooiste woorde (Troue 1)


Jaco – As ek jou met ‘n huis kon vergelyk sou dit ‘n luukse, moderne huis wees wat hoog op ‘n heuwel staan, met groot hekke, kameras en goeie sekuriteit. Min mense het die voorreg om verby hierdie hekke te gaan. Toe Charlene in jou lewe ingestap het, het sy die voordeur oopgegooi en al die vensters oopgemaak sodat vars lug en sonskyn die gange kan vul. Sy het die TV afgesit. Sy het ook blomme in elke vertrek gesit en mense oorgenooi om te kom kuier.

Charlene – as ek jou met ‘n huis kon vergelyk sou dit ‘n klein (maar groot genoeg) “country style” huisie wees. Bietjie deurmekaar, maar warm - in die middel van alles en almal met ‘n oop voordeur, sommige vertrekke gesluit - selfs vir jouself. Toe Jaco in jou lewe ingestap het, het hy jou opgetel en jou neergesit, so entjie buite die dorp, op ‘n vaste fondasie. Hy het ‘n slot en sleutel aan jou voordeur laat sit en ‘n paar ekstra sekuriteit maatreels ingestel sodat elke Jan Rap en sy maat nie net kan instap en oor jou hart loop nie.

In die 8 jaar wat ek vir Jaco ken het ek hom nog nooit so gelukkig gesien soos hierdie tyd wat hy saam met jou is nie, Charlene. Daar is nou ‘n “twinkle” in sy oog en ‘n vrede in sy hart. Hoeveel mense in hulle leeftyd het die voorreg om te staan en kyk hoe twee goeie vriende mekaar vind en die beste in mekaar uitbring. Julle is soos ertjies en wortels, julle is soos braaivleis en pap julle is soos Yin Yan.

Op ‘n sekere vlak dink ek het Charlene altyd geweet haar lot het iets met my te doen. Amper soos die prinses en die padda se storie het Charlene ‘n paar van my vriende en kennise gesoen/amper gesoen, maar ek dink nie sy het verwag dat hierdie een in ‘n prins gaan verander nie…
Met Christo en Jaco se vriendskap het ek vinnig besef dat die vrou waarmee Jaco gaan trou “n baie groot invloed in my lewe gaan he” – maar nooit het ek gedink sy sal my beste vriendin of selfs sussie gaan word nie. Beter kon ek dit nie beplan nie. Niemand kon nie.

Charlene – jy is die perfekte vrou vir Jaco. Met die hand uitgekies deur Ons Hemelse Vader – moenie dat enige iemand jou ooit daarin laat twyfel nie -

En nou, het ek gedink dit is gepas om af te sluit met ‘n gedig vir julle – gekomponeer deur myself (met ‘n paar geleende woorde en en paar dig reels oortree) Hier is dit:

Hierdie afgelope vier jaar was ast’ware my lekkerste jare ooit,
wat vriende betref.
Ek het dit al ‘n rukkie terug besef.
Ons is Uniek en het op ‘n snaakse wyse tot stand gekom.
Hier volg die gebeure in kort opgesom.

Eers was daar net twee, en hulle het baie gekuier,
oor golfrondtes, coke en in numetro rye
En toe kom die derde een ingeluier.
Dit is nou ek, “die eintlike leier”

Ons was toe drie maar een te min
Maar ons het nie geweet wat sou binnekort begin
Tussen flieks sonder klank en min bottels drank
Het ons driehoek vriendskap gegroei

Maar iewers op die kantlyn het die 4de enetjie ons harte gesteel
Een vir een
Ek was eerste

Binnekort sit ons lawwe woorde en gedagtes uitruil
soos ou vriende doen.
Jy vertel my weer van jou pa’le se nuwe huis
jou plaas ma se baie woorde
en jou dae in die koshuis

En ek vra:
Hoeveel paddas moet jy soen
voor jy jou prins raakvry
waar le die antwoord
vertel jy my

Nog n bietjie wyn
om al die
hartseer, weerloosheid, verslaenheid
elke dag in jou hart
mee saam te dra

Al die wenke en slapelose nagte
gee mens net bitter gedagtes
daar is net een wat jou
soos n prinses laat voel
dit is dalk die prins vir
jou bedoel

So nou is ons vier
En dis nou ‘n plesier

Hierdie afgelope vier jaar is ast’ware my lekkerste jare ooit,
wat vriende betref.
Ek het dit al ‘n rukkie terug besef
Vertel my weer van jou kinderdrome
en gooi nog ‘n glasie wyn
soos ou vriende doen.

*Dankie Laartjie Blaartjie vir die mooiste woorde op ons spesiale dag...

3 comments:

  1. Ag dit is 'n groot plesier, dankie vir die geleentheid - kan ons volgende jaar weer 'n troue hou?

    ReplyDelete
  2. Natuurlik :) Selfde tyd, selfde plek? :)

    ReplyDelete
  3. ja dan kan daar dalk meer happy foto's van my wees!!!!

    ReplyDelete