About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Monday, January 13, 2020

vir Verena

Onthou jy nog - my hartsvriendin
ons kinderdrome
van soveel jare terug,
die onskuld in ons harte
die smagting na liefhê
en ons sprokiesbeeld van eendag

- ons sou gelukkig wees
skrywers wat soms dig,
dag na dag saam lag,
ons harte gesteel
deur ridders op wynplase

ons was so seker...

Maar die lewe is nie so flippen maklik nie!

ons paaie het geskei
ons onskuld is vertrap
ons sprokieshoop verdwyn

geluk is soms net te ver
die pen wil soms nie skryf
en liefde lyk so anders as ons drome

Maybe is ons tog okay

Ons ridders het ons wel gekry
en ons vriendskap het steeds gebly

en as jy jou oë lang genoeg toemaak
en vir 'n oomblik glo soos 'n kind
dan is jou lewe tog dalk
net so effens
en net as jy mooi soek

'n Sprokie

2 comments:

  1. Jy is die beste vriendin in die heelal. Hierdie warboel wêreld waarin ons onsself bevind is makliker met die wete dat jy iewers in jou eweige reis en avontuur n gedagte, liriek, splitsekonde aan my afstaan. Vir jou is ek innig lief en dankbaar.

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete