About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Monday, January 13, 2020

Dankie

ek fluister dankie
in die na-nag
as ek wakker lê
en wag vir die nuwe dag

terwyl my herinnerings-reis
my teruvat op die pad...

elke hemelse ervaring, 
elke oomblik van geluk,
elke afdwaal,
elke val -
die som van my bestaan

soms net plesier
soms te veel pyn
soms saamlag
tot al ons trane verdwyn

die aanhou smag
na iets, na meer
die rus by God,
tussen-deur die seer

en nou die besef
van wie ek werklik is
en wat ek hier kom maak

Ek fluister dankie
en stuur dit met die wind,
ek dank U, o God
dat U my keer op keer kom vind

No comments:

Post a Comment