About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Monday, January 6, 2020

dis myne

Wat is digkuns dan nou eintlik?
Weet jy dalk meneer?

Moet alles meet en alles pas
totdat elke versie vrolik vorm,
of diep en donker en alleen
stilstaan en sin maak vir iedereen

Moet daar dan altyd ritme wees?
Moet dit kan afrol van die tong?
Galop, galop totdat ons stop?

Moet dit kleurvol klink,
moet dit roerend rym?
moet dit paaiend preek
of dalk net saggies siele skok?

Of kan ek sê net wat ek dink
en hoe ek wil
van wat ek voel

en hoef ek glad nie om te gee
wat jou opinie sê meneer

want ek is vry
en dig my vleuels
ek ry op die wind
ek sien die son

maar bly jy maar onder
vasgekelder
deur dit en dat
en reg of weg

ek steur my niks
want hierdie woorde,
hierdie tong
behoort mos nie aan jou

ek steur my niks,
verseker nie aan jou nie
want
al is dit hoe verkeed gesê
dit is tog wel net myne



No comments:

Post a Comment