About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Tuesday, March 29, 2011

Ek is...

Ek is - sonder dat iemand voel of weet
van my (herinneringlose) bestaan
op my eie afgesonderde
                                    planeet
kyk ek, dink ek...

Ek is die een wat pyn toelaat
om my lewe binne te tree -
wat mageloos kyk hoe donkerte
somtyds insluip en oorneem
- en tog...is ek
en leef ek
en voel ek...

In die niksheid van lief en leed
in die see vol ontwakende (skerwende) drome
waar ek nie regtig leef of asemhaal -
waar my gedagtes afgeskeep en gekelder word
daar waar selfs dit wat vir my dierbaar is -
vreemd word
en ek
`n vreemdeling

Waar kan ek gaan waar jy nie al was
waar is `n plek waar ek nie gaan huil of lag?
Waar ek God sal soek - miskien vind...
en ontwaak uit my diepe slaap,
waar hierdie gesteelde woorde
iemand sal raak en vir `n oomblik laat verstaan
wat en wie
ek is...

No comments:

Post a Comment