About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Sunday, June 20, 2010

Tyd vir `n gedig...

Kosmos
(Verwerking van Daffodils - William Wordsworth)

Ek dwarrel soos `n wolk wat hoog vlieg bo vlaktes en koppies
Toe ek skielik `n skare van kosmos - wit en pers - langs die dam opmerk
(vlietend en dansend in die wind)
 Soos sterre wat aanhou skyn en die melkweg verlig
- strek hulle in `n nimmereindigende lyn langs die oewer van die dam
`n Duisend of twee met oogopslag -
(huppelend en vrolik in die oggend lig)
Mens en digter staan verstom voor die samesyn van blom
 Ek kyk en dink en drink in die beeld met die wonder van `n kind

Lank daarna - onder my komberse toegevou,
laat ek my gedagtes dwaal
en raak weer verlore in die prag
Die stilte laat my los -
ek dans saam met die kosmos...

1 comment:

  1. Ek is mal oor die beeld van blomme wat vrolik in die oggendlig huppel. Jy moet meer kere vertaal - vang die oorspornklike so goed vas.

    ReplyDelete