About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Monday, June 14, 2010

Public Day of Randomness..

More is "public day of randomness".
'n Dag geskep deur die uwe om mense te laat vergeet van hulle alledaagse probleme en heeltemal deurmekaar en verward te laat voel, maar vreemd gelukkig en tevrede met die lewe:)
Ek is random (nie seker wat die korrekte Afrikaanse woord is hiervoor nie - dalk onverwags?) So, danksy `n goeie vriend, wat mal was oor my nes ek is - en veral met my onverwagsheid geassosieer het, is ek voorgestel aan die weird en wonderlike wereld van Edward Monkton... Hy teken strokiesprente met segoed wat mens laat hardop lag - alhoewel jy nie heeltemal seker is hoekom nie. Een van my gunstelinge: "May the sausage of peace forever be dipped in the ketchup of happiness" Edward Monkton se strokiesprente is dan ook die basis wat gebruik word vir ons badges wat wat ons more gaan dra. Elkeen het `n unieke een wat by sy persoonlikheid pas. Myne: die Doodlike Pikkewyn...
 `n Paar idees om op hierdie unieke dag te doen:
  • oortuig mense dat mens `n kateter permanent moet oorweeg. Dit sal mens se lewe soveel makliker maak - veral die met TB (tiny bladder)
  • noem mense op die naam wat jy dink die beste by hulle pas
  • kyk Napoleon Dynamite (randomste fliek ooit) met 3D brille op
  • raak elke nou en dan in die middel van `n gesprek `n filsofiese sĂȘ ding kwyt soos: "Partykeer is die lewe moeilik vir mense oor die wereld"
  • eet saam met jou psigiatrie pasiente gras en kyk of dit regtig so smaaklik is soos wat hulle se.
 Miskien, sal jy soos die res van die wereld dink dat hierdie dag vir die minder verstandelik gesonde mense is... Ek dink net in hierdie wereld vol vrees en bekommernisse (en met hierdie wereld bedoel ek my eie klein wereldjie en verwys ek glad nie na dinge soos die gat in die osoonlaag of plaasmoorde nie) is daar dae soos hierdie nodig. Waar mens net kan laat gaan, glad nie omgee wat ander mense van jou dink nie...die vreemdste weird en wacky deel van jouself na vore bring en omring wees deur mense wat net so verassend onverwags optree...

Happy PDOR. Spread the word!!!!

1 comment:

  1. Yay vir Public Day of Randomness! Voorwaar 'n vooruitsig om dit jaarliks te vier; hoop dit word 'n amptelike dag wereldwyd!

    Ek ken 'n ou wat huisgenote steel...

    ReplyDelete