About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Wednesday, August 12, 2015

`n briefie vir my liefie

Vir Xander

met jou kraal-ogies
en kraai-skaterlaggie
met jou kennetjie-bak
en klein kielie-lyfie
het jy my hart gesteel

met jou pa se sekel-ore
en sy seunsvoete
met jou sagte snoepneusie
en soen- spoegmondjie
gryp jy al my liefde

jou asem
jou reukie
jou kiertsregop hare

jou skaam skouers
jou onskuld
jou soeke na my

niks sal ooit weer dieselfde wees nie

en aan jou
sal ek vashou
stywer as wat die wilde wind
sy kind omvou… 



No comments:

Post a Comment