About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Monday, May 30, 2011

'n Emmer vol see

Ek vang die see in `n emmer,
pak die son in my tas,
hang die hemel oor my skouers

Ek pars `n boom in `n boek,
rangskik die sterre in my oe
herhaal die winde met my mond

Ek bring die berg in my rugsak,
leen die maan as `n glimlag,
hou die reen in my hart

En so, met die aarde in my handpalm...
vind ek my God.

No comments:

Post a Comment