Wat is digkuns dan nou eintlik?
Weet jy dalk meneer?
Moet alles meet en alles pas
totdat elke versie vrolik vorm,
of diep en donker en alleen
stilstaan en sin maak vir iedereen
Moet daar dan altyd ritme wees?
Moet dit kan afrol van die tong?
Galop, galop totdat ons stop?
Moet dit kleurvol klink,
moet dit roerend rym?
moet dit paaiend preek
of dalk net saggies siele skok?
Of kan ek sê net wat ek dink
en hoe ek wil
van wat ek voel
en hoef ek glad nie om te gee
wat jou opinie sê meneer
want ek is vry
en dig my vleuels
ek ry op die wind
ek sien die son
maar bly jy maar onder
vasgekelder
deur dit en dat
en reg of weg
ek steur my niks
want hierdie woorde,
hierdie tong
behoort mos nie aan jou
ek steur my niks,
verseker nie aan jou nie
want
al is dit hoe verkeed gesê
dit is tog wel net myne
Monday, January 6, 2020
nee
jy't hierdie storm in my kom losmaak
en nou wil jy my stilmaak
my paai
my sagkens afmaai
nie hierdie keer nie!
ek sal woed tot golf en skuim verdwyn
ek sal oor jou spoel - jou uitspoeg in die puin...
en nou wil jy my stilmaak
my paai
my sagkens afmaai
nie hierdie keer nie!
ek sal woed tot golf en skuim verdwyn
ek sal oor jou spoel - jou uitspoeg in die puin...
toe en nou
wat sal jy nou sê as jy my kan sien?
jy met die hartseer in jou hart
wat dit so flippen goed wegsteek
wat almal altyd bluf
wat sal jy nou sê as jy weet?
daai pyn gaan nooit heeltemal weg
dis deel van jou daaglikse bestaan
die doring in jou vlees
sal jy kan glo dat jy eendag stop
ophou dig, ophou droom
ophou loer na die maan elke aand
ophou dink onder jou boom
sal jy kwaad wees
sal jy skree
of miskien net fluister
nie ek nie nee
of
sal jy glimlag as jy vind
dat iemand jou tog soms kan troos
jou oplig, jou omvou
jou syne maak, met jou trou
sal jy lag of maybe skater
as jy besef die lig in jou
gaan nooit dood nie
dis nou selfs meer
in een, nee twee paar ogies
wat vir jou kyk
wat sê dis okay
ons like jou nes jy is
so wat dan nou, wat sê jy tog?
van daardie meisie
van hierdie vrou
sy's lig, sy's donker
sy voel te veel
sy's sag, sy's hard
sy weet nie meer
sy sal weer dig en dink en droom, maar
sy kort net dit:
dat jy net asseblief,
miskien net soms,
'n klein bietjie meer
in haar sal glo
jy met die hartseer in jou hart
wat dit so flippen goed wegsteek
wat almal altyd bluf
wat sal jy nou sê as jy weet?
daai pyn gaan nooit heeltemal weg
dis deel van jou daaglikse bestaan
die doring in jou vlees
sal jy kan glo dat jy eendag stop
ophou dig, ophou droom
ophou loer na die maan elke aand
ophou dink onder jou boom
sal jy kwaad wees
sal jy skree
of miskien net fluister
nie ek nie nee
of
sal jy glimlag as jy vind
dat iemand jou tog soms kan troos
jou oplig, jou omvou
jou syne maak, met jou trou
sal jy lag of maybe skater
as jy besef die lig in jou
gaan nooit dood nie
dis nou selfs meer
in een, nee twee paar ogies
wat vir jou kyk
wat sê dis okay
ons like jou nes jy is
so wat dan nou, wat sê jy tog?
van daardie meisie
van hierdie vrou
sy's lig, sy's donker
sy voel te veel
sy's sag, sy's hard
sy weet nie meer
sy sal weer dig en dink en droom, maar
sy kort net dit:
dat jy net asseblief,
miskien net soms,
'n klein bietjie meer
in haar sal glo
Subscribe to:
Comments (Atom)

