About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Monday, January 6, 2020

toe en nou

wat sal jy nou sê as jy my kan sien?
jy met die hartseer in jou hart
wat dit so flippen goed wegsteek
wat almal altyd bluf

wat sal jy nou sê as jy weet?
daai pyn gaan nooit heeltemal weg
dis deel van jou daaglikse bestaan
die doring in jou vlees

sal jy kan glo dat jy eendag stop
ophou dig, ophou droom
ophou loer na die maan elke aand
ophou dink onder jou boom

sal jy kwaad wees
sal jy skree
of miskien net fluister
nie ek nie nee

of

sal jy glimlag as jy vind
dat iemand jou tog soms kan troos
jou oplig, jou omvou
jou syne maak, met jou trou

sal jy lag of maybe skater
as jy besef die lig in jou
gaan nooit dood nie
dis nou selfs meer
in een, nee twee paar ogies
wat vir jou kyk
wat sê dis okay
ons like jou nes jy is

so wat dan nou, wat sê jy tog?
van daardie meisie
van hierdie vrou

sy's lig, sy's donker
sy voel te veel

sy's sag, sy's hard
sy weet nie meer

sy sal weer dig en dink en droom, maar
sy kort net dit:

dat jy net asseblief,
miskien net soms,
'n klein bietjie meer
in haar sal glo


No comments:

Post a Comment