About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Sunday, May 3, 2020

losmaak

elke draad wat my vasbind
aan jou -
my kelder
my beskut

maak ek los

een
vir
een
trek ek los -
hierdie drade tussen my en jou

ek draai
om
en
om,
ek draai weg,
ek draai terug -
na wie ek eintlik is

en as ek dan tot stilstand kom
hou ek jou vas
so styf vas

maar ek is vry





Vergifnis

vergeef vergeef weer en weer
is alles dan nie reeds versoen nie?
vergeef vergeef dan elke keer

vergeet vergeet nou hierdie seer
is alle seer nie reeds genees nie?
vergeet vergeet vergeet jou seer

onthou onthou keer op keer
is alles nie deur Hom gedoen nie?
onthou onthou net bietjie weer