About Me

My photo
A constantly curious and melancholic wanderer...

Tuesday, February 4, 2020

persent-ma


Ek het n ma persent gekry so hele paar jaar terug 
my tee ma, wat haar fyn porselein met my deel
my boek ma, wat die mooiste woorde laat leef
die ma wat se kombuis die geure van haar siel verraai
die ma wat lief is vir bederf
die blomme ma, wat net weet wat pas by wat 
sy is ‘n raakvat ma, ‘n omgee ma, ‘n ek glo jou my kind ma
sy’s ‘n rots vrou, ‘n wilgerboom rus mens,
‘n kleurvolle kind wat speel met die wind, dapper en vry

so is sy, dag na dag
die persent-ma van my