'n Verwerking van "To You; Walt Whitman" *
Laat ons saam stap,
net so entjie weg van die res.
Nou is ons alleen - net
ek en jy
- kan ons nou die maskers lig?
Vertel my dit wat niemand weet nie,
ek wil hoor wat jy vir niemand sê nie.
Die hele storie -
die verhaal van jou.
Die deel wat net jy ken -
die grys en die grou.
Four lines, Germany 2012 (Silverfineart)
* To You
Let us twain walk aside from the rest;
Now we are together privately, do you discard ceremony,
Come! vouchsafe to me what has yet been vouchsafed to note - Tell me the whole story,
Tell me what you would not tell your brother, wife, husband, or physician.
Walt Whitman
No comments:
Post a Comment