elke draad wat my vasbind
aan jou -
my kelder
my beskut
maak ek los
een
vir
een
trek ek los -
hierdie drade tussen my en jou
ek draai
om
en
om,
ek draai weg,
ek draai terug -
na wie ek eintlik is
en as ek dan tot stilstand kom
hou ek jou vas
so styf vas
maar ek is vry
Sunday, May 3, 2020
Vergifnis
vergeef vergeef weer en weer
is alles dan nie reeds versoen nie?
vergeef vergeef dan elke keer
vergeet vergeet nou hierdie seer
is alle seer nie reeds genees nie?
vergeet vergeet vergeet jou seer
onthou onthou keer op keer
is alles nie deur Hom gedoen nie?
onthou onthou net bietjie weer
is alles dan nie reeds versoen nie?
vergeef vergeef dan elke keer
vergeet vergeet nou hierdie seer
is alle seer nie reeds genees nie?
vergeet vergeet vergeet jou seer
onthou onthou keer op keer
is alles nie deur Hom gedoen nie?
onthou onthou net bietjie weer
Tuesday, February 4, 2020
persent-ma
Ek het n ma persent gekry so hele paar jaar terug
my tee ma, wat haar fyn porselein met my deel
my boek ma, wat die mooiste woorde laat leef
die ma wat se kombuis die geure van haar siel verraai
die ma wat lief is vir bederf
die blomme ma, wat net weet wat pas by wat
sy is ‘n raakvat ma, ‘n omgee ma, ‘n ek glo jou my kind ma
sy’s ‘n rots vrou, ‘n wilgerboom rus mens,
‘n kleurvolle kind wat speel met die wind, dapper en vry
so is sy, dag na dag
die persent-ma van my
Subscribe to:
Comments (Atom)

