Met sy groot hande
En sy klein
hart
Met sy
grappies en sy terg
En nou en
dan sy vloek
Met sy
kennis van die stof
En sy lus
vir ietsie soets
Met stories
oor sy perde
en liefde
vir sy hoenders
Met `n plan
in sy sak
En `n vonkel
in sy oog
Onthou ek hom
My plaas
oupa
Met sy bree
skouers
En soms `n
traan in sy oog
Die wereld
voel deesdae anders
My hart is
skielik leeg
No comments:
Post a Comment